Oriëntasie

Daar is reeds vir ‘n hele aantal jare navorsing gedoen in argiewe en elders oor die ses gesinne in hierdie webblad. Die geheues van lewende persone is ook eers ontgin voordat met die skryfwerk begin is. Die gegewens word geleidelik verwerk in die hoofstukke van die stories. Om te wag vir ‘n finale produk om te verskyn, kan jare neem. Daarom is besluit op oop navorsing. Namate met die navorsing gevorder word, word die stof beskikbaar gestel. Die gegewens is voorlopig, maar waar bronne verstrek is, is dit geboekstaaf. Almal is welkom om die gegewens te benut onder die gewone kopiereg voorwaardes. Uiteraard is die meeste genealogiese gegewens in die openbaar beskikbaar en is daar nie kopiereg daarop nie.

Kommentaar en bydraes

‘n Bladsy is ingesluit waar per e-pos bydraes aan die opstellers gestuur kan word. Kommentaar en inligting word verwelkom. Dit is egter belangrik dat bydraers hulle inligting beskikbaar stel sodat bronne erken kan word. Dit sal ook waardeer word indien persone hulle bronne vermeld, sodat dit, indien nodig, nagegaan kan word.